Show simple item record

dc.contributor.authorKrüger, J.S.
dc.contributor.editorvan Aarde, Andries G.
dc.date.accessioned2025-11-07T13:49:06Z
dc.date.available2025-11-07T13:49:06Z
dc.date.issued2025
dc.identifierONIX_20251107T144617_9781779953346_2
dc.identifier.urihttps://library.oapen.org/handle/20.500.12657/108030
dc.languageAfrikaans
dc.relation.ispartofseriesHTS Religion & Society Series
dc.subject.classificationthema EDItEUR::D Biography, Literature and Literary studies::DB Ancient, classical and medieval texts
dc.subject.otherDante Alighieri Paradiso Afrikaanse vertaling
dc.subject.otherDivina Commedia Inferno Purgatorio Paradiso Afrikaanse vertaling
dc.subject.otherDante mistieke interpretasie
dc.subject.otherMiddeleeuse literatuur Christelike geloof Griekse filosofie
dc.subject.othergodsdiensfilosofie mistiek kultuurgeskiedenis
dc.subject.otherfilosofie van godsdiens mistieke teologie Middeleeuse mistiek
dc.subject.otherJ.S. Krüger Dante vertaling Afrikaanse literatuur
dc.titleDante se mistieke reis – Derde tog
dc.title.alternativeParadiso, ingelei, vertaal, toegelig, vertolk
dc.typebook
oapen.abstract.otherlanguageIn hierdie werk bied J.S. Krüger aan die leser ’n keurige Afrikaans vertaling en mistiekreligieuse vertolking van die Paradiso van die Italiaanse digter-denker Dante Alighieri (1265–1321). Dit is die derde deel van die grootste trilogie, Divina Commedia, bestaande uit Inferno (2013) en Purgatorio (2020), en hierdie publikasie sluit met die vertaling-vertolking van die Paradiso af. Die Paradiso is stellig een van die merkwaardigste religieuse en artistieke hoogtepunte van die Westerse beskawing, verskynend op die kruin van die Middeleeuse epog, daardie sublieme sintese van Christelike geloof en Griekse filosofie, tans opgeneem in ’n skynbaar onomkeerbare proses van disintegrasie. ’n Sentrale uitgangspunt van die boek, afwykend van die heersende sekularisme en materialisme in die post-moderne Weste, is dat religie ’n sentrale neiging en behoefte van die menslike spesie is. Die skrywer sien mistiek as verbinding van diepsinnige kognitiewe insig, emosionele suiwerheid en morele skoonheid, as die hoogste vlak van menslike ontwikkeling. Dante se trilogie word gelees as die aanbod van ’n God-aanskouende kenner van die menslike lot van leef en sterf en hiernamaals voortleef, as inderdaad die uitdruk van Dante se eie lewensloop sy eksistensiële lyding, loutering en finale katarsis: sy besef van persoonlike tekortkominge en lyding in moeilike omstandighede (Inferno) in sy jeug; geleidelik oorkom in ’n lang proses van ballingskap in sy eie vaderland (Purgatorio); uiteindelik gefinaliseer in ’n deurbraak tot innerlike vrede in God-aanskouende saligheid kort voor sy dood (Paradiso). Hierdie publikasie word aanbeveel vir navorsende en benieude lesers met ’n besef van religieuse krisis en die behoefte aan ’n integrerende visie: skynbaar onoorkomelike historiese diskontinuïteite en skynbaar onversoenbare hedendaagse breuke en konflikte.
oapen.identifier.doi10.4102/aosis.2025.BK449
oapen.relation.isPublishedByd7387d49-5f5c-4cd8-8640-ed0a752627b7
oapen.relation.isbn9781779953346
oapen.relation.isbn9781779953339
oapen.relation.isbn9781779953322
oapen.relation.isbn9781779953773
oapen.imprintAOSIS Books
oapen.series.number18
oapen.pages362
oapen.place.publicationCape Town


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record